SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.47 issue1Metatheoretical assumptions in scientific pastoral-theological researchFighting corruption - a philosophical approach author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

In die Skriflig

On-line version ISSN 1018-6441

Abstract

JONCK, Petronella; LE ROUX, Anda  and  HOFFMAN, Lizette. 'n Kwantitatiewe ondersoek na die invloed van enkele demografiese veranderlikes wat verband hou met vroulike ampsdraers. In Skriflig (Online) [online]. 2013, vol.47, n.1, pp. 258-265. ISSN 1018-6441.

Hierdie artikel ondersoek lidmate se houding teenoor vroulike ampsdraers. Vir die doel van hierdie navorsingsprojek is die volgende navorsingsvraag geformuleer: Wat is kerklidmate se houding teenoor vroue as ampsdraers in die gemeente? Hierdie navorsingsvraag is met behulp van die volgende hipotese ondersoek: Daar is statisties-beduidende verskille tussen kerklidmate se houding teenoor vroulike ampsdraers en 'n aantal demografiese veranderlikes soos die geografiese ligging, die geslag, die huwelikstatus en die ouderdom. 'n Totaal van 1052 respondente bestaande uit 326 (31%) lidmate van die Nederduitse Gereformeerde Kerkfamilie, 311 (29%) lidmate van die Christelike Herlewingskerk, 217 (21%) lidmate van die Gereformeerde Kerk en 198 (19%) lidmate van die Rooms-Katolieke Kerk is by die ondersoek betrek. Data is met behulp van 'n biografiese vraelys, asook die Petro Jonck Houding teenoor Vroulike Ampsdraers-vraelys ingesamel. Meerveranderlike variansie-ontledings is toegepas. Satistiese analise het getoon dat kerklidmate deurgaans 'n positiewe houding aangaande vroulike ampsdraers aanneem. Verder is gevind dat die geslag, die huwelikstatus en die geografiese ligging die grootste invloed op kerklidmate se houding ten opsigte van vroulike ampsdraers uitgeoefen het. Die opleidingsvlak het geen statisties-beduidende invloed op lidmate se houding teenoor vroulike ampsdraers uitgeoefen nie.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License