SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.47 número1 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


In die Skriflig

versão On-line ISSN 2305-0853
versão impressa ISSN 1018-6441

Resumo

VAN DER MERWE, Dirk G.  e  ALBALAA, Pierre Y.. Die metafoor van lig ingebed in die Johannese proloog, Deel 1: Die Lig voor die Inkarnasie. In Skriflig (Online) [online]. 2013, vol.47, n.1, pp.214-233. ISSN 2305-0853.

Hierdie is die eerste van twee artikels om aan te toon hoe die vierde Evangelis vindingryk die lig-metafoor in die proloog van die vierde Evangelie ingebed het. Die proloog is gevul met hierdie metafoor. Deur middel van 'n behoorlike diskoersanalise is die diepte-struktuur van die teks ondersoek om die retoriek en netwerk van semantiese verhoudings vanaf die perspektief van lig as onderwerp te bepaal. Hierna is die teologiese-struktuur van die teks ondersoek. Verskeie teologiese temas is in die teks verweef, met 'lig' as 'n konstante verankerde metafoor wat 'n rykdom van fasette en interpretasie insluit. Hierdie navorsing fokus op die ingebedheid van die lig-metafoor in die Johannese proloog soos wat dit verband hou met die ontologiese identiteit en funksionaliteit van die Woord voor die inkarnasie.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons