SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.47 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


In die Skriflig

On-line version ISSN 2305-0853
Print version ISSN 1018-6441

Abstract

DAVIS, Martin M.. Kataphysical inquiry, onto-relationality and elemental forms in T.F. Torrance's doctrine of the mediation of Jesus Christ. In Skriflig (Online) [online]. 2013, vol.47, n.1, pp.191-199. ISSN 2305-0853.

Die leer van die versoening van Christus in die wetenskaplike teologie van T.F. Torrance berus op die fundamentele metodologiese aanname dat kennis volgens die aard (kataphysin) van die voorwerp van wetenskaplike ondersoek verwerf word. Om God deur die vleesgeworde Seun (wat een in wese met die Vader is) te ken, is om Hom in noue ooreenstemming met sy wese en daarom op 'n teologies-wetenskaplike wyse te ken. Volgens Torrance se katafisiese metode is aprioriese kennis van God nie moontlik nie, omdat die ontologie aan die epistemologie voorafgaan. Aangesien die fundamentele kenmerke van die werklikheid relasioneel eerder as atomisties is, vereis 'n wetenskaplik-teologiese benadering tot die leer van die versoening van Christus dat die ondersoek binne die kader van 'wesensbepalende' verhoudings of 'onto-verhoudings' plaasvind. Dit is immers laasgenoemde wat Christus se identiteit as vleesgeworde Verlosser van die wêreld blootlê. Deur die beginsel van logiese eenvoud toe te pas, kan die omvangryke en sporadiese idees van Torrance gereduseer word tot 'n kleiner aantal kernelemente wat op 'n unitêre, ondubbelsinnige wyse die 'onto-verhoudings' wat die identiteit van die vleesgeworde Seun verteenwoordig, duidelik beskryf. Die vernaamste kernelemente van Torrance se leer oor die middelaarskap is die Niceaanse homoousion en die Chalcedoniese leer van die wesenseenheid. Twee opvallende, parallelle kernelemente by die leer van die wesenseenheid is die leer van die verlossing op grond van die vleeswording en die plaasvervangende mensheid van Jesus Christus. Hierdie kernelemente verskaf 'n konsepsuele lens waardeur 'n teologiese, holistiese beskouing van die middelaarskap van Jesus Christus in die wetenskaplike teologie van T.F. Torrance ondersoek kan word.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License