SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.47 número1 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


In die Skriflig

versão On-line ISSN 2305-0853
versão impressa ISSN 1018-6441

Resumo

PRETORIUS(NEE) VILJOEN, Rinee; VENTER, Christiaan A.  e  DE KLERK, Barend J.. Die persepsies en houdings van gelowige jonggetroude egpare oor seksuele intimiteit in die huwelik. In Skriflig (Online) [online]. 2013, vol.47, n.1, pp.150-160. ISSN 2305-0853.

Hierdie artikel is gebaseer op empiriese navorsing om die persepsies en houdings van gelowige, jonggetroude egpare oor seksuele intimiteit in die huwelik na te vors. Daar is gefokus op hoe die egpare die verhouding sien waarbinne seksuele intimiteit geniet en beleef mag word; wat na hulle mening die man en vrou se plig is rakende die seksuele; wat hulle persepsies is oor die vryheid wat seksuele intimiteit binne die huwelik bied, en wat eksklusiwiteit ten opsigte van seksuele intimiteit binne die huwelik vir elkeen van hulle beteken. 'n Kwalitatiewe navorsingsontwerp is gebruik en sewe gelowige egpare wat minder as twee jaar getroud was (N = 11), het aan die navorsing deelgeneem. Die navorsingsdata is uit 'n kort vraelys verkry en deur semigestruktureerde onderhoude wat met sommige van die deelnemers gevoer is. 'n Ryke oes van data is verkry en 'n hele aantal temas is identifiseer. Hierdie temas sluit goed aan by die basisteoretiese en metateoretiese perspektiewe wat as onderbou vir hierdie navorsing gedien het.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons