SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.47 issue1Renewal and reconstruction: Holy Writ in Ezra-Nehemiah - A missional readingModern discourses in theology today author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

In die Skriflig

On-line version ISSN 1018-6441

Abstract

PRETORIUS(NEE) VILJOEN, Rinee; VENTER, Christiaan A.  and  DE KLERK, Barend J.. Die persepsies en houdings van gelowige jonggetroude egpare oor seksuele intimiteit in die huwelik. In Skriflig (Online) [online]. 2013, vol.47, n.1, pp. 150-160. ISSN 1018-6441.

Hierdie artikel is gebaseer op empiriese navorsing om die persepsies en houdings van gelowige, jonggetroude egpare oor seksuele intimiteit in die huwelik na te vors. Daar is gefokus op hoe die egpare die verhouding sien waarbinne seksuele intimiteit geniet en beleef mag word; wat na hulle mening die man en vrou se plig is rakende die seksuele; wat hulle persepsies is oor die vryheid wat seksuele intimiteit binne die huwelik bied, en wat eksklusiwiteit ten opsigte van seksuele intimiteit binne die huwelik vir elkeen van hulle beteken. 'n Kwalitatiewe navorsingsontwerp is gebruik en sewe gelowige egpare wat minder as twee jaar getroud was (N = 11), het aan die navorsing deelgeneem. Die navorsingsdata is uit 'n kort vraelys verkry en deur semigestruktureerde onderhoude wat met sommige van die deelnemers gevoer is. 'n Ryke oes van data is verkry en 'n hele aantal temas is identifiseer. Hierdie temas sluit goed aan by die basisteoretiese en metateoretiese perspektiewe wat as onderbou vir hierdie navorsing gedien het.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License