SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.47 issue1Streams of living water: New Testament perspectives on the missional character of the churchRenewal and reconstruction: Holy Writ in Ezra-Nehemiah - A missional reading author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

In die Skriflig

On-line version ISSN 1018-6441

Abstract

RAMANTSWANA, Hulisani. Berg Sinai en Berg Sion: Diskontinuïteit en kontinuïteit in die brief aan die Hebreërs. In Skriflig (Online) [online]. 2013, vol.47, n.1, pp. 132-140. ISSN 1018-6441.

Die skrywer van Hebreërs wys op betekenisvolle teenstellings tussen Berg Sinai en Berg Sion, wat elkeen 'n beduidende rol in die ou verbond gespeel het. Vir die Hebreërskrywer het Berg Sinai egter beperkte betekenis vir die nuwe verbond, terwyl Sion nog steeds betekenis het. Berg Sion word as skaduwee van die hemelse werklikheid beskou, wat die uiteindelike bestemming van die pelgrimsgemeenskap is. Berg Sinai, as die lokus van ontmoeting tussen God en Israel, speel slegs 'n oorgangsrol, terwyl Berg Sion steeds beduidende betekenis het as bestemming en woonplek van God en sy volk.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License