SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.47 issue1Pastoral elements in HebrewsPrinciples for poverty alleviation among the youth in Northern Uganda author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

In die Skriflig

On-line version ISSN 2305-0853
Print version ISSN 1018-6441

Abstract

VAN HELDEN, Sophia. Institusionalisme - springlewendig in die kwynende Afrikaanse Gereformeerde kerkpraktyk. In Skriflig (Online) [online]. 2013, vol.47, n.1, pp.89-101. ISSN 2305-0853.

In hierdie artikel word die institusionalistiese denkwyse (I-denke) as dominante denkwyse in die krimpende tradisioneel-Afrikaanssprekende Gereformeerde kerke bespreek. I-denke toon 'n denkwanbalans wat weerspieël word in die huidige ongebalanseerde en ongesonde kerkpraktyk. Die onwaarskynlikheid van organiese groei binne die huidige ekklesiologiese wanbalans, word belig deur te fokus op navorsing binne die Gereformeerde Kerk van Suid Afrika (GKSA)-kerkpraktyk, as een van die drie gereformeerde susterskerke. Die bevindings dui op die noodeisende toestand binne die tradisionele ekklesiologie. Die Christosentriese denkparadigma word as gebalanseerde korrektief aan die hand van die groot opdrag uiteengesit (maak dissipels van alle nasies) uiteengesit, as sleutel vir die daarstel van gesonde omstandighede ter wille van kerkgroei. Denke as die belangrikste ekklesiologiese oorsaak van kerkkrimping, kan deur denkverandering teëgewerk word ten einde verdere krimping van die susterskerke teë te werk.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License