SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.47 issue1A model for content analysis of sermons on poverty and to the poor as listenersChallenges of a wellness ministry to churches author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

In die Skriflig

On-line version ISSN 2305-0853
Print version ISSN 1018-6441

Abstract

COETZER, Wentzel C.  and  SNELL, Lutricia E.. 'n Voorgestelde matriks vir die pastorale berading van die verwonde geloofsvervreemde. In Skriflig (Online) [online]. 2013, vol.47, n.1, pp.78-88. ISSN 2305-0853.

Hierdie artikel fokus op die rol van pastorale berading aan die emosioneel-verwonde en geloofsvervreemde persoon deur middel van die redding in Christus. Die rol van God Drie-enig en die sentrale posisie van die Skrif word ondersoek. Verder word aspekte wat 'n Skrifgefundeerde mensbeeld onderlê, gekonstrueer. Die verband tussen emosionele trauma en geloofsvervreemding, asook die aspek van reg en geregtigheid, word hierna ondersoek. Die belangrikheid van die heil in Christus in die geestelike genesingsproses word ook bespreek. Ter afsluiting word 'n pastoraal-terapeutiese matriks voorgestel vir ingrype in die huidige lewenskrisis en die bestaande geloofsvervreemding met inagneming van die traumageskiedenis. Praktiese riglyne word verder verskaf as hulpmiddel vir begeleiding in die ondersteuningsproses.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License