SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.47 número1Preaching as reframing of perspectiveA model for content analysis of sermons on poverty and to the poor as listeners índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


In die Skriflig

versão On-line ISSN 2305-0853
versão impressa ISSN 1018-6441

Resumo

VAN DER WALT, Barend J.. H.G. Stoker (1999-1993) as Christelike filosoof: 'n Historiese legende en ikoon, of nog steeds 'n kontemporêre mentor?. In Skriflig (Online) [online]. 2013, vol.47, n.1, pp.54-68. ISSN 2305-0853.

'n Tradisie, wat 'n filosofiese tradisie insluit, kan alleen lewend bly as die verhaal daarvan aan die jonger geslag oorvertel word. Daarom bied hierdie inleidende en oorsigtelike artikel aan die leser iets oor die unieke filosofie van die Suid-Afrikaanse denker, Henk Stoker. Ter inleiding behandel dit die moontlike redes waarom sy denke in Suid-Afrika en elders vandag relatief onbekend is en minder invloedryk was in vergelyking met dié van die twee ander vaders van 'n reformatoriese filosofie, naamlik Dirk H.Th. Vollenhoven en veral Herman Dooyeweerd. Daarna word aandag geskenk aan die Suid-Afrikaanse milieu waarbinne sy filosofie gebore is. Die moontlike interne en eksterne teologiese en filosofiese invloede van veral Herman Bavinck (1854-1921) en Max Scheler (1874-1928) word behandel. Vervolgens word op enkele van Stoker se oorspronklikste bydraes tot die Christelik-filosofiese tradisie gewys. 'n Vlugtige blik word op die wedersydse kritiek tussen Stoker, Dooyeweerd en sekere leerlinge van Dooyeweerd gewerp. Ten slotte kan daar, in die lig van hierdie onderlinge verskille, sekere wanopvattings reggestel word, byvoorbeeld dat 'n Reformatoriese filosofie 'n statiese en geslote sisteem is.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons