SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.47 issue1A practical-theological perspective on the act of making ecclesiastical resolutions - exploration and normative points or viewMoulding of a man of God: An evaluation of international debates on pastoral training in the light of perspectives from 1 and 2 Timothy author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


In die Skriflig

On-line version ISSN 2305-0853
Print version ISSN 1018-6441

Abstract

MOLLER, Francois P.. Saambly en die Christelike geloof. In Skriflig (Online) [online]. 2013, vol.47, n.1, pp.18-26. ISSN 2305-0853.

Die gebruik van ongetroudes om saam te bly, is 'n verskynsel wat in die samelewing toeneem. Dit word gewoonlik as 'n toetshuwelik beskou om te bepaal of die paartjie regtig by mekaar pas met die oog op 'n huwelik. Alhoewel dit 'n sosiaal-aanvaarde praktyk geword het, staan dit lynreg teenoor die mees fundamentele leerstellings van die Christelike geloof. Die vraag is daarom of saambly inderdaad as 'n toetshuwelik aanvaar kan word of enigsins as 'n huwelik beskou kan word - een wat net anders genoem word. Ongelukkig is dit vir die meeste Christene moeilik om hierdie vraag te beantwoord omdat hulle nie behoorlik ingelig is oor wat die bybelse siening in hierdie verband nie. Bybelse riglyne oor hierdie onderwerp is dus baie noodsaaklik. In hierdie artikel word sodanige riglyne verskaf vanuit 'n dogmaties-etiese perspektief. Die klem val nie op berading of die eksegese van bepaalde Skrifgedeeltes nie, maar op relevante bybelse beginsels rakende hierdie onderwerp. Dit beteken egter nie dat Skrifverwysings geïgnoreer kan word nie. Dit spreek vanself dat bybelse beginsels afgelei moet word van bepaalde skrifgedeeltes, waarmee dan op 'n verantwoordelike wyse omgegaan moet word. Dit beteken onder andere dat konteks en historiese agtergrond belangrik is. Bybelse beginsels sal egter nie net as riglyne geïdentifiseer word in die evaluering van saambly nie, maar ook as logiese beginsels in die toepassing daarvan. Om dit te bereik is probleme ten opsigte van saambly geïdentifiseer en opgevolg met 'n bybelse perspektief oor wat 'n ware huwelik eintlik werklik behels en inhou.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License