SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.47 issue1The binding to confessions in a postmodern era author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


In die Skriflig

On-line version ISSN 2305-0853
Print version ISSN 1018-6441

Abstract

DERRICK MASHAU, T.. Reformatoriese missionale nadenke oor effektiewe bediening in the konteks van Afrika Pentekostalisme. In Skriflig (Online) [online]. 2013, vol.47, n.1, pp.10-17. ISSN 2305-0853.

Pentekostalisme is 'n globale fenomeen met 'n groot aanhang in Noord-Amerika, Latyns Amerika, Asië, Afrika en ander wêrelddele. Die opkoms, groei en invloed van Pentekostalisme in Afrika was geweldig en het een van die dominante gedaantes van Christenskap op die kontinent geword. 'n Kontekstuele analise van Christenskap in Afrika wys dat Afrika meer vatbaar was vir hierdie tendens. Die manifestasie daarvan ryk van klassieke Pentekostalisme (eerste golf), tot die charismatiese beweging (tweede golf) en die charismatiese herlewingsbewegings (derde golf). Die groei hiervan het 'n goeie aantal missiologiese uitdagings meegebring vir evangeliese gereformeerde kerke. Gevolglik het hierdie artikel gepoog om die tendens uit te wys deur 'n historiese perspektief op Pentekostalisme te bied, gevolg deur 'n kontekstuele analise van Pentekostalisme in Afrika, 'n bespreking van vraagstukke en uitdagings binne Pentekostalisme, en ter afsluiting 'n gereformeerde missiologiese oorweging hiervan, met klem op hoe bediening die beste kan plaasvind binne die konteks van Pentekostalisme. Die artikel het evangeliese gereformeerdes opgeroep om 'n gees van onderskeiding te openbaar wanneer hulle te doen kry met Pentekostalisme terwyl hulle terselfdertyd uit hierdie groep se ywer met sending en die rol van die Heilige Gees daarin geleer het.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License