SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.46 número2 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


In die Skriflig

versão On-line ISSN 2305-0853
versão impressa ISSN 1018-6441

Resumo

SCHALEKAMP, M.E.  e  DE KLERK, B.J.. Die vier Nicaanse merktekens van die kerk as rigtingwysers in 'n ekklesiologiese diskoers. In Skriflig (Online) [online]. 2012, vol.46, n.2, pp.1-9. ISSN 2305-0853.

Die ondersoek het rondom die vier begrippe in die Geloofsbelydenis van Nicea gesentreer, naamlik eenheid, heiligheid, katolisiteit en apostolisiteit. Die vraag wat nagegaan was, is of hierdie vier merktekens kan dien as riglyne in 'n ekklesiologiese diskoers. In die artikel was eerstens aandag gegee aan die Belydenis van Nicea oor die merktekens van die kerk, daarna was nagevors of die vier merktekens reeds in beginsel in die brief aan die Efesiërs gevind kan word, en laastens is die merktekens kursories openbarings-histories getoets volgens die briewe aan die sewe gemeentes in Openbaring. Die bevindings wat gemaak is kom op die volgende neer: die kerk in die eerste eeue, volgens die merktekens van die kerk, het sy identiteit vanuit haar oorsprong missionêr geïdentifiseer en daarom was die merktekens in hulle gerigtheid op die aktiwiteit (taak) van die kerk steeds missionêr, om uitdrukking te gee aan die missionêre identiteit van die kerk. Die vier merktekens van die kerk, naamlik eenheid, heiligheid, katolisiteit en apostolisiteit, behoort steeds bepalend vir die kerk se missionêr-ekklesiologiese identiteit te wees.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons