SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.46 issue2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

In die Skriflig

On-line version ISSN 2305-0853
Print version ISSN 1018-6441

Abstract

SCHALEKAMP, M.E.  and  DE KLERK, B.J.. Die vier Nicaanse merktekens van die kerk as rigtingwysers in 'n ekklesiologiese diskoers. In Skriflig (Online) [online]. 2012, vol.46, n.2, pp.1-9. ISSN 2305-0853.

Die ondersoek het rondom die vier begrippe in die Geloofsbelydenis van Nicea gesentreer, naamlik eenheid, heiligheid, katolisiteit en apostolisiteit. Die vraag wat nagegaan was, is of hierdie vier merktekens kan dien as riglyne in 'n ekklesiologiese diskoers. In die artikel was eerstens aandag gegee aan die Belydenis van Nicea oor die merktekens van die kerk, daarna was nagevors of die vier merktekens reeds in beginsel in die brief aan die Efesiërs gevind kan word, en laastens is die merktekens kursories openbarings-histories getoets volgens die briewe aan die sewe gemeentes in Openbaring. Die bevindings wat gemaak is kom op die volgende neer: die kerk in die eerste eeue, volgens die merktekens van die kerk, het sy identiteit vanuit haar oorsprong missionêr geïdentifiseer en daarom was die merktekens in hulle gerigtheid op die aktiwiteit (taak) van die kerk steeds missionêr, om uitdrukking te gee aan die missionêre identiteit van die kerk. Die vier merktekens van die kerk, naamlik eenheid, heiligheid, katolisiteit en apostolisiteit, behoort steeds bepalend vir die kerk se missionêr-ekklesiologiese identiteit te wees.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License