SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.46 número2 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


In die Skriflig

versão On-line ISSN 2305-0853
versão impressa ISSN 1018-6441

Resumo

RHEEDER, Adriaan L.. Beroep op die skrif in die vorm van etiese standpunte, deel 2: 'n Etiese verstaan van die vrou in die Bybel. In Skriflig (Online) [online]. 2012, vol.46, n.2, pp.1-9. ISSN 2305-0853.

In 'n vorige artikel is beredeneer dat die grarnmaties-historiese metode van Skrifuitleg as kreatuurlike geskrif nie meer voldoende is vir alleengebruik in Skrifvertolking nie en dat dit met ander uitgangspunte aangevul moet word. In aansluiting by twee hermeneutiese uitgangspunte wat in 'n vorige artikel behandel is (Rheeder 2012), word in hierdie artikel 'n verdere drie hermeneutiese vertrekpunte bespreek, naamlik teenkultuur, nie-wetenskaplike skopus en moreel-etiese vertolking. Die teenkulturele vertrekpunt gaan uit van die oortuiging dat outentieke getuienis in die Skrif gevind word in dit wat verskil (afwyk) van die omliggende antieke kultuur, terwyl die nie-wetenskaplike skopus vertrekpunt uit gaan van die standpunt dat wetenskaplike (of empiriese) kennis in die Bybel buite die skopus of bedoeling van die Skrif staan. Die moreel-teologiese vertolking as vertrekpunt van die standpunt uitgaan dat 'n moreel-teologiese beoordeling van liefde die keuse tussen twee konflikterende, maar beide aanvaarbare, interpretasies moet begelei. Daar word tot die gevolgtrekking gekom dat 'n etiese verstaan van die posisie van die vrou beteken dat die vrou as gelykwaardig aan die man beskou en so behandel moet word, wat beteken dat die vrou, net soos die man, tot enige amp in die kerk toegelaat mag word.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons