SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.46 número2 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


In die Skriflig

versión On-line ISSN 2305-0853
versión impresa ISSN 1018-6441

Resumen

RHEEDER, Adriaan L.. Skrifberoep in die vorming van etiese uitsprake, Deel 1: 'n Etiese verstaan van die vrou in die Bybel. In Skriflig (Online) [online]. 2012, vol.46, n.2, pp.1-9. ISSN 2305-0853.

Na 30 jaar kon die grammaties-historiese metode van Skrifondersoek nie daarin slaag om die etiese probleem van die vrou in die kerklike ampte (en homoseksualiteit) in die GKSA op te los nie. Hierdie metode kan na alle waarskynlikheid nie meer as die enigste verklaringsmetode gebruik word nie en moet deur ander uitgangspunte aangevul word. In hierdie artikel word twee hermeneutiese uitgangspunte bespreek wat saam met die grammaties-historiese metode in die vertolking van die Skrif gebruik kan word. Hierdie hermeneutiese uitgangspunte sal gedemonstreer word in 'n bespreking oor die etiese verstaan van die vrou in die Bybel, spesifiek soos dit op die vrou in kerklike ampte toegepas word. In aansluiting by laasgenoemde twee vertrekpunte word in 'n opvolgartikel 'n verdere drie hermeneutiese vertrekpunte behandel. Die twee hermeneutiese vertrekpunte wat in hierdie artikel behandel word, staan as reëldoelwit en analogie bekend. Die eerste hermeneutiese vertrekpunt gaan uit van die veronderstelling dat die reëldoelwit van 'n teks swaarder weeg as die teks self, terwyl analogie van die veronderstelling uitgaan dat analogie as beredenering 'n aanvaarbare en noodsaaklike vertrekpunt is. Bogenoemde hermeneutiese vertrekpunte (vyf in totaal) is op twee aannames gegrond. Ten eerste word aanvaar dat die Bybel, alhoewel 'n goddelike boek, 'n besliste kreatuurlike kant het wat in die vertolking daarvan in ag geneem moet word. Tweedens word geredeneer dat die Skrif nie 'n teologiese boek is nie, wat beteken dat gelowiges in etiese sake waaroor daar twee verstaansmoontlikhede bestaan, die reg gegun moet word om self die Skrif te vertolk. Daar word tot die gevolgtrekking gekom dat 'n etiese verstaan van die vrou daartoe moet lei dat die vrou as gelykwaardig aan die man beskou en behandel moet word, met die gevolg dat die vrou tot alle ampte in die kerk toegelaat moet word.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons