SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.46 número2 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


In die Skriflig

versión On-line ISSN 2305-0853
versión impresa ISSN 1018-6441

Resumen

POTGIETER, Stella D.. Die pastorale terapeut as begeleier van 'n persoon met seksueel afwykende gedrag: 'n Hermeneutiese hoek. In Skriflig (Online) [online]. 2012, vol.46, n.2, pp.1-9. ISSN 2305-0853.

Voordat 'n pastorale terapeut 'n persoon met seksueel afwykende gedrag in die vorm van pedofilie, pastoraal bedien, is daar merkers wat in gedagte gehou moet word ten opsigte van die posisionering van die pastorale terapeut. Daar word aangeneem dat pedofilie nie genees kan word nie, maar slegs beheer en bestuur kan word. Pedofilie is nie net 'n saak vir ander wetenskappe nie, maar beslis ook 'n geestelike saak. Die persoon wat kinders molesteer, beleef dikwels 'n geestelike vakuum. As gevolg hiervan is sy geestelike dimensie remmend en destruktief. 'n Pastorale hermeneutiek is hier uiters belangrik. Dit beteken dat die pastorale terapeut die taak het om God se teenwoordigheid en verhaal vir die persoon met afwykende seksualiteit te vertolk, sodat sy behoeftes, lewenservaringe en nood in die lig van God se liefde en genade in sy lewe sal sin maak. Die pastorale terapeut kan die deelnemer help om te ko-konstrueer sonder om deskundige kennis op hom af te dwing. 'n Pastoraal-terapeutiese vertrouensverhouding en onvoorwaardelike aanvaarding moet sigbaar wees om die belangrikste medium van verandering en genesing te bewerkstellig. Wanneer die pastorale terapeut in verbondenheid met Christus self tot nederige diensbaarheid en medemenslikheid gesuiwer word, kom 'n ware pastoraal-terapeutiese verhouding van vertroue en onvoorwaardelike aanvaarding tot stand. Die pastorale terapeut behoort eers sy of haar eie vertrekpunte rakende pedofilie uit te klaar. Hy of sy sal met sy of haar eie seksualiteit, asook die van ander, gemaklik moet wees. Hierdie navorsing kan pastorale terapeute aanmoedig om 'n bydrae te lewer in die bemagtiging van die pedoseksuele persoon op geestelike gebied en sodoende 'n bydrae tot 'n veiliger gemeenskap lewer.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons