SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.46 issue2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


In die Skriflig

On-line version ISSN 2305-0853
Print version ISSN 1018-6441

Abstract

PHILLIPS, Gregory Y.; JANSE VAN RENSBURG, Fika  and  VAN ROOY, Herrie F.. Die ontwerp van 'n geïntegreerde benadering om Nuwe-Testamentiese gebruik van die Ou Testament te verstaan. In Skriflig (Online) [online]. 2012, vol.46, n.2, pp.1-10. ISSN 2305-0853.

Die bedoeling met hierdie artikel is om 'n benadering te ontwerp om die Nuwe-Testamentiese gebruik van die Ou Testament te verstaan. Dié benadering moet die mees bruikbare insigte van die navorsing oor die Tweede Tempelperiode en die hedendaagse literêre teorie integreer, met die oog daarop om op die mees konstante en effektiewe wyse 'n geldige verklaring van die Bybelse data te gee. In hierdie proses word etlike hermeneutiese vraagstukke onder die loep geneem. Aangesien die fokus van die Nuwe-Testamentiese gebruik van die Ou Testament die persoon en verlossingswerk van Jesus is, is dit nodig dat hierdie fokus by die Christen se verstaan ook teenwoordig is. Dit is so dat ouer en nuwer tekste mekaar interpreteer; dit hou egter nie in dat daar dubbelsinnigheid is oor die outeur se bedoelde enkele betekenis, of 'n skeeftrekking van die oorspronklike betekenis van die ouer teks nie. 'n Leser kom noodwendig na die teks met 'n spesifieke wêreldbeskouing, wat 'n mengsel is van Bybelse en onbybelse perspektiewe. Dit verhoed die leser egter nie om by 'n geldige verstaan van die teks uit te kom wat voldoende oorvleuel met die mees waarskynlike betekenis van die teks soos wat die outeur dit bedoel het en wat logieserwys die meeste van die bybelse data goed en organies verreken nie. Die voorgestelde benadering neem die grammaties-historiese metode as die normatiewe beginpunt vir eksegese, en volg dan die Nuwe Testament self na deur die breër kanoniese konteks te verreken. Eers dan word die literatuur van die Tweede Tempelperiode asook die literêre teorie van die huidige tyd verreken.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License