SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.46 issue2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


In die Skriflig

On-line version ISSN 2305-0853
Print version ISSN 1018-6441

Abstract

MASHAU, Thinandavha D.. 'n Gereformeerde perspektief op die neem van sending en sendingwetenskap na die hart van teologiese opleiding. In Skriflig (Online) [online]. 2012, vol.46, n.2, pp.1-8. ISSN 2305-0853.

Sending en sendingwetenskap is na die periferie van die lewe van sowel die kerk as teologiese instellings verdryf. Sendingwetenskap het by baie teologiese instellings gesukkel om 'n tuiste te vind. In sommige gevalle is dit as 'n indringer beskou, in ander as 'n tussenganger, en in sommige gevalle as irrelevant. Sendingwetenskap is sonder twyfel 'n stem vanuit die buiterante. Hierdie navorsing poog om die redes vir so 'n marginalisasie te ontdek deur te kyk na maniere waarop sending en sendingwetenskap herstel kan word tot die hart van teologiese opleiding. Die artikel herinner ons dat die definisie en praktyk van sendingwetenskap stewig gegrond behoort te wees in die missio Dei, en daarom behoort alle teologiese dissiplines doelbewus 'n sendingdimensie te hê. Dit sal sendingwetenskap toelaat om as 'n onafhanklike vak te bestaan en om terselfdertyd multidimensionaliteit uit te oefen. Dit is gevolglik krities om 'n dinamiese en kreatiewe spanning tussen intensie en dimensie te behou om sodoende te verstaan wat die plek van sendingwetenskap in die teologiese ensiklopedie is.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License