SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.46 número2 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


In die Skriflig

versión On-line ISSN 2305-0853
versión impresa ISSN 1018-6441

Resumen

LOUW, Daniël J.. 'n Teologiese model vir 'n pastorale antropologie binne die dinamika van interkulturaliteit: Colo-spiritualiteit as integrale pastorale terapie binne cura animarum. In Skriflig (Online) [online]. 2012, vol.46, n.2, pp.1-9. ISSN 2305-0853.

Die konsep van heling is ingebed binne relasionele en sistemiese netwerke. Ten einde die lewe self te genees (cura vitae) moet menslike verhoudinge soos wat dit bepaal word deur paradigmas (patrone van rasionele denkkonstrukte) en kulturele kontekste genees word. Ten einde 'n omvattende en integrale benadering tot pastoral terapie te volg, word 'n sistemiese, relasionele en kwalitatiewe verstaan van die menslike siel in 'n pastorale model vir cura animarum voorgestel. Ten einde 'n interkulturele benadering in pastorale terapie te volg en heling te verbind met die trans-kulturele konsep van genade (die eskatologiese paradigma) word die konsep van 'n colo-spiritualiteit ontwikkel. Die verstaan van genade as 'n transkulturele konsep is nodig met die oog op die vestiging van 'n ruimte van onvoorwaardelike liefde wat die kwaliteit van menswees en houdinge (habitus) binne verskillende eksistensiële realiteite (d.w.s. angs, skuld en skaamte, wanhoop, hulpeloosheid en weerloosheid, woede) deurslaggewend bepaal.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons