SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.46 número2Salvation: From Pelagius to Joseph Smith índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


In die Skriflig

versión On-line ISSN 2305-0853
versión impresa ISSN 1018-6441

Resumen

KRUGER, Ferdinand P.. Verstaanbare prediking is eenvoudige prediking: 'n Prakties-teologiese besinning oor die styl van prediking. In Skriflig (Online) [online]. 2012, vol.46, n.2, pp.1-11. ISSN 2305-0853.

Prediking is intensioneel en wil verandering bewerk. Onder die prediking vind interaksie en kommunikasie tussen prediker en hoorder plaas. Die oomblik wanneer die prediker skryf of praat, maak hy of sy van styl gebruik. Styl is vir die prediker soos die kleur wat 'n kunstenaar gebruik. Die navorsingshipotese in die artikel is dat gebrekkige styl daartoe bydra dat God nie reg gehoor word in die prediking nie. In hierdie artikel word van 'n driedeling gebruik gemaak waarin 'n analiserende beskrywing van die prakties-teologiese situasie gebied word. Aan die hand van basisteoretiese perspektiewe word die normatiewe gesigspunte gestel, waarna veranderingstrategieë voorgestel word. Vanuit die Jakobusbrief word perspektiewe na vore gebring wat die noodsaak van goeie styl in die prediking benadruk. In die metateoretiese besinning word die kontoere van die Kunsgeskiedenis asook Kommunikasiekunde verken. In die praktykteoretiese perspektiewe wat bespreek word, word die ruimte wat stylvolle prediking moet skep, aangestip. Sodoende word dit benadruk dat enige styl nie noodwendig die korrekte styl is nie. 'n Goeie styl wend die regte woorde op die regte plekke in die preek aan en daarom is goeie styl eenvoudig en verstaanbaar.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons