SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.46 número2A practical-theoretical perspective on the act of making ecclesiastical resolutions: Theory for praxisThe Holy Spirit and preaching in the service índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


In die Skriflig

versão On-line ISSN 2305-0853
versão impressa ISSN 1018-6441

Resumo

GROBLER, Aldeon B.; VAN DER WALT, J. Louw  e  DE KLERK, Barend J.. 'n Raamwerk vir die ontwerp en implementering van 'n gemeentestrategie in die plaaslike gemeentes van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika. In Skriflig (Online) [online]. 2012, vol.46, n.2, pp.1-10. ISSN 2305-0853.

'n Kerk is 'n unieke organisasie. Die kerk is primêr onsigbaar en geestelik van aard. Tog funksioneer dit as 'n instituut in die wêreld en moet dit doelmatig en doeltreffend bestuur word, ten einde alles ordelik te laat verloop en doelgerig te laat funksioneer. Johannes Calvyn het die idee dat 'n gemeente slegs 'n geestelike instelling is, waarvan die sigbare administratiewe deel as onbelangrik afgemaak word, verwerp. 'n Empiriese studie is gedurende 2010 onderneem om vas te stel tot watter mate gemeentestrategieë wel in die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika (GKSA) opgestel en uitgevoer word. Die kennis wat ingewin is met die empiriese studie is gekombineer met 'n literatuurstudie oor die vakgebied van Strategiese Bestuur, en 'n raamwerk vir die ontwerp en implementering van 'n gemeentestrategie is daargestel. Hierdie raamwerk kan deur gemeenteleiers gebruik word in die ontwerp en implementering van hulle gemeente se strategie. Die navorsing sluit af met die aanbeveling dat daar oorweging geskenk moet word om 'n kursus in strategiese bestuur in die opleidingsillabus van teologiese studente in te sluit. 'n Verdere aanbeveling is gemaak dat, weens die gespesialiseerde aard en koste aan eksterne Strategiese Bestuurskonsultante verbonde, die Administratiewe Buro van die GKSA oorweging behoort te skenk om hulle eie konsultant in diens te neem. Die opdrag moet wees om gemeentes van die GKSA by te staan in die ontwerp en implementering van die gemeentestrategie.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons