SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.46 issue2A practical-theoretical perspective on the act of making ecclesiastical resolutions: Theory for praxisThe Holy Spirit and preaching in the service author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


In die Skriflig

On-line version ISSN 2305-0853
Print version ISSN 1018-6441

Abstract

GROBLER, Aldeon B.; VAN DER WALT, J. Louw  and  DE KLERK, Barend J.. 'n Raamwerk vir die ontwerp en implementering van 'n gemeentestrategie in die plaaslike gemeentes van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika. In Skriflig (Online) [online]. 2012, vol.46, n.2, pp.1-10. ISSN 2305-0853.

'n Kerk is 'n unieke organisasie. Die kerk is primêr onsigbaar en geestelik van aard. Tog funksioneer dit as 'n instituut in die wêreld en moet dit doelmatig en doeltreffend bestuur word, ten einde alles ordelik te laat verloop en doelgerig te laat funksioneer. Johannes Calvyn het die idee dat 'n gemeente slegs 'n geestelike instelling is, waarvan die sigbare administratiewe deel as onbelangrik afgemaak word, verwerp. 'n Empiriese studie is gedurende 2010 onderneem om vas te stel tot watter mate gemeentestrategieë wel in die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika (GKSA) opgestel en uitgevoer word. Die kennis wat ingewin is met die empiriese studie is gekombineer met 'n literatuurstudie oor die vakgebied van Strategiese Bestuur, en 'n raamwerk vir die ontwerp en implementering van 'n gemeentestrategie is daargestel. Hierdie raamwerk kan deur gemeenteleiers gebruik word in die ontwerp en implementering van hulle gemeente se strategie. Die navorsing sluit af met die aanbeveling dat daar oorweging geskenk moet word om 'n kursus in strategiese bestuur in die opleidingsillabus van teologiese studente in te sluit. 'n Verdere aanbeveling is gemaak dat, weens die gespesialiseerde aard en koste aan eksterne Strategiese Bestuurskonsultante verbonde, die Administratiewe Buro van die GKSA oorweging behoort te skenk om hulle eie konsultant in diens te neem. Die opdrag moet wees om gemeentes van die GKSA by te staan in die ontwerp en implementering van die gemeentestrategie.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License