SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.46 número2Prayer therapy in the healing of traumatic memoriesA framework for crafting and implementing a congregational strategy in the local congregations of the Reformed Churches of South Africa índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


In die Skriflig

versão On-line ISSN 2305-0853
versão impressa ISSN 1018-6441

Resumo

DU PLOOY BAIN, Erina  e  DE KLERK, Ben J.. 'n Empiriese ondersoek na die sosiale en mediese omstandighede van gelowiges met MIV/VIGS ten einde riglyne vir hoop-getuienis te bepaal. In Skriflig (Online) [online]. 2012, vol.46, n.2, pp.1-9. ISSN 2305-0853.

Hierdie eerste artikel in 'n reeks waar die sentrale en skerpsinnig-wyse sleutelposisie van eskatologiese hoop en getuienis daarvan in die lewe van die gelowiges met MIV/VIGS beklemtoon word, fokus op die mediese en sosiale omstandighede van die persoon met Vigs in 'n terminale fase. Empiriese navorsing is onderneem aan die hand van 'n kwalitatiewe studie by die gesondheidsentrum van 'n voorstedelike motorvervaardigingsaanleg. Die navorsingsontwerp en -metodologie word bespreek en geverifieer. Twee groepsonderhoude met multi-veranderlikes per deelnemer (gelowiges met MIV/VIGS en 'n kontrolegroep van mediese personeel/gesondheidwerkers) wat onderneem is, het vasgestel dat die persone met MIV/VIGS in 'n uiters negatiewe situasie leef, wat onder meer bestuurbaar gemaak word deur die sogenaamde signature strengths van die Positiewe Psigologie. Pastorale behoeftes sluit gebed, vertroosting en koinonia/samesyn (fellowship) in. Opvolartikels sal fokus op die bydrae van die metateorieë van die mediese en kommunikasiewetenskap en die Positiewe Psigologie as komplementerende ervaringsveld. Op 'n veel hoër vlak is spirituele gesondheid en heling as vrug van die Heilige Gees van kardinale belang vir die ewige lewe: versterkende geestelike krag vanuit hulle eskatologiese hoop vir die ewige lewe saam met God, waar geen swaarkry is nie. Praktiese riglyne tot kerugmatiese, liturgiese, koinoniale en diakoniale getuienis oor hoop sal in hierdie opvolgartikels voorgestel word.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons