SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.46 número2The importance of reckoning with metatheoretical assumptions in preaching and scientific research in HomileticsAn empirical investigation into the social and medical conditions of religious people living with HIV or AIDS in order to determine guidelines for hope índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


In die Skriflig

versão On-line ISSN 1018-6441

Resumo

DU PLESSIS, Amanda L.  e  DE KLERK, Barend J.. Gebedsterapie in die verwerking van traumageheue. In Skriflig (Online) [online]. 2012, vol.46, n.2, pp. 1-8. ISSN 1018-6441.

Die vraag wat in hierdie artikel ondersoek word, is of gebed enige rol speel in die herwinning en verwerking van traumageheue tydens die proses van innerlike genesing. Die emosioneel verwonde persoon word soms op verskeie vlakke van die lewe gekortwiek as gevolg van hierdie emosionele pyn. Vir innerlike genesing om te realiseer, is dit nodig dat die persoon die onderdrukte, onverwerkte emosies wat op 'n traumagebeurtenis volg, moet erken en verwerk. In baie gevalle is dit egter onmoontlik vir die persoon om die skakeling te maak tussen sy of haar huidige probleme en onderdrukte, onverwerkte emosies. In gevalle waar daar dissosiasie plaasgevind het, kan die persoon nie die emosies spontaan herroep en hanteer nie. Dit is onder andere in sulke gevalle waar gebedsterapie van groot waarde kan wees. Tydens gebedsterapie tree die pastorale berader as fasiliteerder op om die persoon na Jesus Christus te bring sodat Hy hom kan genees. In werklikheid word Jesus Christus se bediening steeds voortgesit. Oorwinning oor pynlike trauma-herinneringe stel die mens in staat om emosionele en geestelike groei te beleef.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License