SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.46 número2The necessity of taking account of meta-theoretical assumptions in the scientific approach and task envisaged for practical theologyPrayer therapy in the healing of traumatic memories índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


In die Skriflig

versão On-line ISSN 1018-6441

Resumo

DE WET, Fritz W.  e  PIETERSE, Hennie J.C.. Die belang van die verrekening van metateoretiese vertrekpunte vir prediking en wetenskaplike navorsing in Homiletiek. In Skriflig (Online) [online]. 2012, vol.46, n.2, pp. 1-9. ISSN 1018-6441.

Hierdie artikel vorm deel van die tweede fase van die navorsingsprojek Metateoretiese vertrekpunte in Praktiese Teologie. Die probleem wat ondersoek word, het te doen met die onvermoë om rekening te hou met verskuiwings in die onderliggende metateoretiese voorveronderstellings in die praksis van prediking, sowel as in die aanpak van wetenskaplike navorsing in die vakgebied van Homiletiek. Ons fokus op die invloed van metateoretiese voorveronderstellings in die kommunikatiewe dimensie van werklikheidsbeskouing, hermeneutiese beskouinge rakende die kommunikatiewe veld wat werksaam is tydens die homiletiese proses, asook op die verrekening van wetenskapsteoretiese beskouinge met die oog op 'n verantwoordelike uitvoer van die wetenskaplike taak. Die artikel kulmineer in 'n beskrywing van hoe een van die navorsers 'n voorbeeld van sy eie onlangse homiletiese navorsing rakende profetiese prediking in 'n konteks van armoede interpreteer, wanneer die onderliggende metateoretiese standpunte eksplisiet verreken word.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License