SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.46 número2Pastoral guidance for the self-mutilatorThe importance of reckoning with metatheoretical assumptions in preaching and scientific research in Homiletics índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


In die Skriflig

versión On-line ISSN 1018-6441

Resumen

DE KLERK, Ben J.; DE WET, Fritz W.  y  PIETERSE, Hennie J.C.. Die noodsaak daarvan om metateoretiese vertrekpunte in 'n prakties-teologiese wetenskapsbeskouing en-beoefening te verreken. In Skriflig (Online) [online]. 2012, vol.46, n.2, pp. 1-11. ISSN 1018-6441.

Hierdie artikel is die vierde publikasie wat uit die navorsingsprojek Metateoretiese vertrekpunte in die praktiese teologie voortvloei. In die voorafgaande artikels is 'n saak uitgemaak vir die noodsaak daarvan om rekening te hou met die eie metateoretiese vertrekpunte rakende werklikheidsbeskouing en met kriteria waarvolgens die hermeneutiese proses wat in handelinge in die navorsingsveld van die praktiese teologie ter sprake kom, geïnterpreteer word. In hierdie artikel verskuif die fokus na die metateoretiese vertrekpunte wat in die navorser se wetenskapsbeskouing en -beoefening ter sprake kom. Die rol wat metateoretiese faktore speel in die manier waarop die wese en taak van die wetenskap gedefinieer word, kry aandag. 'n Poging word aangewend om 'n model te ontwerp waarin die teenwoordigheid en uitwerking van die navorser se metateoretiese vertrekpunte integraal verreken word in die proses van prakties-teologiese wetenskapsbeoefening. 'n Huidige navorsingsprojek, waarmee een van die medeskrywers van hierdie artikel besig is, word bespreek as voorbeeld van die impak wat metateoretiese vertrekpunte op die ontwerp van 'n studie kan hê.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License