SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.46 número2To cross ten seas: Calvin on the unity of the church - a contribution to a more responsible ecclesiology índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


In die Skriflig

versão On-line ISSN 2305-0853
versão impressa ISSN 1018-6441

Resumo

BRANCH, Robin Gallaher. Die hantering van 'n krisis deur 'n kombinasie van menslike inisiatief en goddelike bestuur: Insigte uit die boek Rut. In Skriflig (Online) [online]. 2012, vol.46, n.2, pp.1-11. ISSN 2305-0853.

Die bybelse teks stel die leser voor aan Rut, 'n Moabitiese vrou, tydens 'n persoonlike krisis in haar lewe. Sy is 'n weduwee, kinderloos en staar dus armoede in die gesig. Haar enigste pluspunt is Naomi, haar bejaarde, ietwat verbitterde dog innemende skoonmoeder. Naomi, 'n Israeliet en ook 'n weduwee, is vasbeslote om na haar huis in Betlehem terug te keer. Rut vergesel haar en dit word vir Rut 'n pelgrimstog na die God van Israel, weg van die afgode van Moab af. As immigrant wat 'n vreemde kultuur en godsdiens, 'n toekoms sonder vriende en werkloosheid moet verwerk, seëvier Rut uiteindelik. Sy trou binne 'n paar maande met Boas, 'n prominente en welvarende vrygesel en wen ook die harte van haar skoonmoeder se vriendinne, die vroue van Bethlehem. Die ontleding van Rut se suksesvolle pelgrimstog bied tydgenootlike riglyne aan diegene wat voor groot veranderinge in hulle lewens te staan kom. Met behulp van die literêre metode ondersoek hierdie artikel 'n bybelse mededeling wat aantoon hoedat 'n persoonlike krisis deur middel van God se voorsienigheid en menslike inisiatief en moed opgelos kan word.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons