SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.46 issue2Doctrine on God and doctrine on scripture: Focus and challenge author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

In die Skriflig

On-line version ISSN 1018-6441

Abstract

BRANCH, Robin Gallaher. Die hantering van 'n krisis deur 'n kombinasie van menslike inisiatief en goddelike bestuur: Insigte uit die boek Rut. In Skriflig (Online) [online]. 2012, vol.46, n.2, pp. 1-11. ISSN 1018-6441.

Die bybelse teks stel die leser voor aan Rut, 'n Moabitiese vrou, tydens 'n persoonlike krisis in haar lewe. Sy is 'n weduwee, kinderloos en staar dus armoede in die gesig. Haar enigste pluspunt is Naomi, haar bejaarde, ietwat verbitterde dog innemende skoonmoeder. Naomi, 'n Israeliet en ook 'n weduwee, is vasbeslote om na haar huis in Betlehem terug te keer. Rut vergesel haar en dit word vir Rut 'n pelgrimstog na die God van Israel, weg van die afgode van Moab af. As immigrant wat 'n vreemde kultuur en godsdiens, 'n toekoms sonder vriende en werkloosheid moet verwerk, seëvier Rut uiteindelik. Sy trou binne 'n paar maande met Boas, 'n prominente en welvarende vrygesel en wen ook die harte van haar skoonmoeder se vriendinne, die vroue van Bethlehem. Die ontleding van Rut se suksesvolle pelgrimstog bied tydgenootlike riglyne aan diegene wat voor groot veranderinge in hulle lewens te staan kom. Met behulp van die literêre metode ondersoek hierdie artikel 'n bybelse mededeling wat aantoon hoedat 'n persoonlike krisis deur middel van God se voorsienigheid en menslike inisiatief en moed opgelos kan word.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License