SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.46 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


In die Skriflig

On-line version ISSN 2305-0853
Print version ISSN 1018-6441

Abstract

VAN DE BEEK, Abraham. Moses, Elia en Jesus: Oorwegings oor die fundamentele strukture van die Bybel. In Skriflig (Online) [online]. 2012, vol.46, n.1, pp.1-7. ISSN 2305-0853.

Hierdie artikel gaan oor die einde van die lewes van Moses en Elia as die personifikasies van die Torah en die profete. Moses is verhinder om in die beloofde land in te gaan en Elijah moes dit verlaat voordat hy hemel toe gegaan het. Hierdie gebeurtenisse word so geïnterpreteer dat die Wet die volk nie in die beloofde land kan bring nie, en dat die profete hulle nie daar kan hou nie. Die einde van die lewe van Moses is ook die einde van die Torah. Die profete eindig met die oproep vir 'n nuwe Elia. Die Ketubim as die menslike antwoord op God se dade doen nie beter nie. Die Hebreeuse Bybel eindig in die ballingskap. Die Nuwe Testament begin daar waar die profete eindig: 'n nuwe Elia, in die persoon van Johannes die Doper. Hy werk op presies daardie plek waar Israel na Moses se dood die land ingekom het en waar Elia dit verlaat het. Daar is 'n terugkeer na die vervulling van die belofte. Johannes wys na Jesus wat sy werk op hierdie plek begin. Hy gaan nie droogvoet deur die Jordaan nie maar gaan onder in die water van God se oordeel om alle geregtigheid te vervul. Dan is die pad na die land oop vir Moses en Elia en verskyn hulle in die glorie van God op die berg van die verheerliking, waar hulle met Jesus oor sy exodus aan die kruis praat. Redding is nie in die Wet of in bekering nie maar deurdat 'n mens gedoop word in die dood van Christus.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License