SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.46 número1 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


In die Skriflig

versión On-line ISSN 2305-0853
versión impresa ISSN 1018-6441

Resumen

VOSLOO, Robert R.. Traumatiese herinnering, representasie en vergifnis: Enkele opmerkings in gesprek met Antjie Krog se Country of My Skull. In Skriflig (Online) [online]. 2012, vol.46, n.1, pp.1-7. ISSN 2305-0853.

In die lig van Koos Vorster se resente werk oor temas soos herinnering, vergifnis en versoening, het hierdie artikel die argument onderstreep dat 'n kritiese interaksie met literêre tekste van groot waarde kan wees om die teologiese gesprek oor hierdie sake te verhelder en te verryk. Die artikel het meer spesifiek op Antjie Krog se diepsinnige en ontroerende bespreking van die werk en nalatenskap van die Suid Afrikaanse Waarheids- en Versoeningskommissie gefokus. Die konsep van vergifnis is as lens vir hierdie ondersoek gebruik. Gegewe die aard van die gedig waarmee die boek afsluit, is vrae soos 'Aan wie word die pleidooi vir vergifnis gerig?' en 'Wie vra vir vergifnis, en wat moet vergewe word?' aan die orde gestel. In die proses is aandag gegee aan vrae rakende die beperkinge verbonde aan representasie van trauma uit die verlede en die noodsaaklikheid van 'n etiek van interverweefdheid. Daar is gesuggereer dat hierdie vrae ook om 'n teologiese respons vra.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons