SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.46 número1 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


In die Skriflig

versão On-line ISSN 2305-0853
versão impressa ISSN 1018-6441

Resumo

DE WET, Friedrich W.. Verrekening van die kragveld van die verbond in die inkleding van die kommunikatiewe driehoeksverhouding tussen teks, hoorder en prediker. In Skriflig (Online) [online]. 2012, vol.46, n.1, pp.1-9. ISSN 2305-0853.

In hierdie artikel word die kommunikatiewe driehoeksverhouding tussen die Bybelse teks, die hoorders en die prediker homileties verken. Die probleemstelling waarmee gewerk word handel oor potensiële versteurings wat kan plaasvind in hierdie driehoeksverhouding wanneer die hoorders en die prediker in hulle menslike beperktheid in verbinding gebring word met die ewige Woord van God soos dit in die Bybelse teks na vore kom. In die loop van die artikel word die volgende aspekte verken: 'n Ideale tipering van die verhouding tussen die teks, hoorders en prediker waarin al drie faktore 'n regmatige plek het; die maniere waarop die kommunikatiewe driehoek in die spanningsveld tussen teks, hoorders en prediker kan skeeftrek; en pneumatologiese verankering van die kommunikatiewe driehoek in die kragveld van die verbondsruimte, waarin Jesus Christus versoenend (integrerend) teenwoordig is. Die gevolgtrekking waartoe gekom word, is dat die prediker in die kragveld van die verbond in staat gestel word om getrou te bly aan die teks (waarin God aan die Woord kom), aan die hoorders (as mededeelgenote in die genade van God sowel as - in missionêre konteks -mense wat geroep word om deelgenote in hierdie genade te word) en aan hom- of haarself (as nuwe mens in Christus) sonder dat die verbintenis aan een element in die kommunikatiewe driehoek die verbintenis aan die ander versteur of laat disintegreer.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons