SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.46 número1He is risen! A play based on Acts 1:1-12 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


In die Skriflig

versão On-line ISSN 2305-0853
versão impressa ISSN 1018-6441

Resumo

WELKER, Michael. Tot watter mate kan 'n Christologiese beeld van God kulturele oriënterings voorskryf?. In Skriflig (Online) [online]. 2012, vol.46, n.1, pp.1-4. ISSN 2305-0853.

'n Paar jaar gelede het verskeie kollegas van die universiteite van Heidelberg, Chicago, Harvard en Yale onderneem om 'n navorsingsprojek van stapel te stuur met die bedoeling om vrugbare of lonende ooreenkomste en verskille tussen die Joodse, Christelike en Islamitiese geloofstradisies te ondersoek. In teenstelling met konvensionele dogmatiese en vergelykende religieuse verkenningstogte, was die bedoeling hier om die impak wat basiese inhoude en vorme van geloof het op gemeenskappe en kulture vas te stel. Hierdie benadering is ook verkies om die verskillende navorsingstradisies met mekaar in verband te bring - die een is meer algemeen in die Europese en die ander in die Anglo-Amerikaanse wêreld, naamlik die geskiedenis van idees (Geistesgeschichte), en die ander gebaseer op kulturele en sosiale studies. As naam vir hierdie ondersoek het die meerderheid van die groep Images of the Divine and Cultural Orientations (Beelde van God en kulturele oriëntasies) verkies. Destyds het ons egter nie die standaarde en waardes bespreek wat ons met die idee van kulturele oriënterings wil verbind nie en ons het ook nie dit wat na verwys kan word as die 'ikoniese probleem' in religieuse kontekste, hanteer nie.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons