SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.46 número1A few aspects regarding the reformed worship service and liturgical song in a multicultural South AfricaPastoral elements in Hebrews índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


In die Skriflig

versión On-line ISSN 2305-0853
versión impresa ISSN 1018-6441

Resumen

VAN DEN BRINK, Gijsbert. Evolusieteorie, menslike uniekheid and die beeld van God. In Skriflig (Online) [online]. 2012, vol.46, n.1, pp.1-7. ISSN 2305-0853.

In hierdie artikel ondersoek ek die sogenaamde evolusionêre argument teen menslike uniekheid en menswaardigheid. Na 'n kort oorsig oor die oorsprong van die klassieke Joods-Christelike siening van menslike uniekheid en menswaardigheid soos uit die eerste vyf hoofstukke van Genesis blyk, ondersoek en beeld ek die aard van die evolusionêre argument hierteenoor uit. Vervolgens word die vraag ondersoek of die Christelike teologie die konsep van imago Dei sodanig kan verbreed dat dit ook ander wesens behalwe mense kan insluit, waardeur die idee van menslike uniekheid dus prysgegee word. Ek kom egter tot die slotsom dat hierdie skuif hoogs problematies is. Daarom wend ek my tot 'n bespreking van onlangse pogings om menslike uniekheid en die beeld van God eerder in teologiese as empiriese terme te definieer. Een hiervan, gebaseer op die konsep van inkarnasie, is te lig bevind. 'n Ander poging is egter sodanig vertolk dat dit ons in staat stel om die idee van menslike uniekheid, soos ingesluit in die leerstelling van die imago Dei, met die hedendaagse evolusieteorie te versoen. Hierdie artikel kan dus gesien word as 'n poging om die klassieke Christelike teologie in ooreenstemming te bring met evolusie en om hierdie teologie se voortgaande lewenskragtigheid te beklemtoon.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons