SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.46 issue1Preaching as reframing of perspectiveA model for content analysis of sermons on poverty and to the poor as listeners author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

In die Skriflig

On-line version ISSN 2305-0853
Print version ISSN 1018-6441

Abstract

RHEEDER, Adriaan L.. Eutanasie as vrywillige keuse deur persone met demensie, met verwysing na die praktyk in Nederland 'n voorlopige teologies-etiese beoordeling. In Skriflig (Online) [online]. 2012, vol.46, n.1, pp.1-12. ISSN 2305-0853.

Vanaf die 1970s blyk dit dat eutanasie op aanvraag in Nederland toegepas word. In 2002 word die praktyk van eutanasie op versoek gewettig. Wanneer daar aan sekere sorgvuldigheidsvereistes voldoen word, word eutanasie as wettig beskou. Eutanasie op versoek word die meeste op terminale kankerpasiënte uitgevoer. Vanaf 2004 is die neiging om eutanasie op versoek van pasiënte met vroeë demensie uit te voer. Verskeie persone het ook 'n lewende testament opgestel waarin eutanasie versoek word indien demensie sou ontwikkel. Die doel van hierdie artikel is 'n voorlopige beoordeling van hierdie praktyk in die lig van die gereformeerde etiek. Uit die studie wil dit voorkom asof die praktyk van eutanasie aan pasiënte met demensie in die algemeen nie aanvaarbaar is nie. Hierdie artikel beredeneer voorlopig dat die Skrif nie vreemd staan teenoor die moontlikheid van 'n uitsondering onder bepaalde omstandighede nie.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License