SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.46 número1Moulding of a man of God: An evaluation of international debates on pastoral training in the light of perspectives from 1 and 2 TimothyPreaching as reframing of perspective índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


In die Skriflig

versão On-line ISSN 2305-0853
versão impressa ISSN 1018-6441

Resumo

VENTER, Rian. Triniteit en etiek: Van 'n relasionele God tot 'n etiek van die ander. In Skriflig (Online) [online]. 2012, vol.46, n.1, pp.1-7. ISSN 2305-0853.

Die artikel ondersoek die vraag of die nuwe waardering vir die leerstuk van die Triniteit enige beduidende etiese implikasies inhou. Meer spesifiek word gekyk of die identiteit van God in die Christelike geloofstradisie nuwe etiese sensitiwiteite kan open. Die sogenaamde Trinitariese Renaissance word kortliks gekarteer en die denke van die teoloë Zizioulas en Moltmann word beskryf om die keer na relasionaliteit te illustreer. Kritiek teen 'n sosiaal-georiënteerde Triniteitsleer word verreken, maar word nie as finaal en afdoende beskou nie. Twee denkers - Volf en Cunningham - val in die soeklig en hoe hulle teologie spesifiek vanuit die Trinitariese belydenis etiese vrae aanspreek en meer spesifiek die probleem van die Ander. Die artikel se gevolgtrekking is dat die Triniteitsleer vrugbare perspektiewe tot die publieke diskoers oor alteriteit kan open. Die Christelike verstaan van God kan 'n beduidende bydrae tot hierdie aktuele vraagstelling lewer. Die Ander word gesien as konstituerend vir eie identiteit; en terselfdertyd word identiteit juis verwesentlik deur 'n omhelsing en versorging van die Ander.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons