SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.46 issue1Jakobus Marthinus Vorster's ecclesio-political philosophy: A critical interpretation author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

In die Skriflig

On-line version ISSN 2305-0853
Print version ISSN 1018-6441

Abstract

VAN WYK, Jan H.  and  VORSTER, Nico. 'n Inleiding tot die teologiese, politieke en etiese denke van Koos Vorster. In Skriflig (Online) [online]. 2012, vol.46, n.1, pp.1-10. ISSN 2305-0853.

Koos Vorster het 'n besonderse produktiewe en vrugbare akademiese loopbaan gehad en oor 'n verskeidenheid van onderwerpe gepubliseer. Hy sal egter veral onthou word vir sy bydrae tot politieke en sosiale etiek. Hierdie artikel ondersoek die teologies-polities etiese denke van Koos Vorster. Die eerste deel bespreek sy epistemologiese uitgangspunte, waaronder sy omvattende openbarings-historiese benadering, sy hermeneutiek, voorliefde vir 'n deontologiese etiek, en sy afwysing van etiese absolutisme soos veral vergestalt in fundamentalistiese benaderings tot die etiek. Die tweede deel bespreek sy houding teenoor Apartheid en die 'struggle' in die 1970s en 1980s. Vorster het die vergrype van Apartheid geïdentifiseer en aangespreek, maar terselfdertyd geweldadige verset verwerp, en 'n evangeliese verandering van gesindhede bepleit wat gepaard gaan met die opheffing van onderdrukte gemeenskappe en ontbinding van onregverdige strukture. Die laaste deel van die artikel bespreek Vorster se sienings oor menswaardigheid, menseregte, die verhouding tussen kerk en godsdiens, asook sy siening oor die samelewing en die ekonomie.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License