SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.45 issue4 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


In die Skriflig

On-line version ISSN 2305-0853
Print version ISSN 1018-6441

Abstract

VAN DER WALT, B.J.. 'n Evangeliese stem in Afrika: Die lewensbeskoulike agtergrond van die teologie van Tokunboh Adeyemo (1 Oktober 1944 - 17 Maart 2010). In Skriflig (Online) [online]. 2011, vol.45, n.4, pp.919-956. ISSN 2305-0853.

Afrika was geseënd met 'n seun van die kaliber van dr. Tokunboh Adeyemo. Aangesien hy onlangs oorlede is, beskik ons nog nie (sover die skrywer weet) oor 'n waardering van die nalatenskap van hierdie voortreflike Christen Afrikaleier nie. Hierdie artikel is die eerste voorlopige evaluering vanuit 'n reformatoriese lewensbeskoulike hoek. Die ondersoek ontwikkel soos volg: Eerstens word 'n kort oorsig van sy lewensgeskiedenis gebied, veral ten opsigte van sy opleiding in die evangeliese tradisie. Dan word die dekor (die algemene toestand van die Afrika-Christendom) geskets - die agtergrond waarteen hy gelewe en gedink het. Dit word, in die derde plek, gevolg deur 'n kort analise van die sterk- en swakpunte van die evangeliese Christendom waarvan Adeyemo 'n verteenwoordiger was. In die vierde plek word kortliks aangetoon hoe Adeyemo, in ooreenstemming met die post-Lausanne evangelikalisme, gedink het. Vyfdens word 'n voorlopige waardering van sy nalatenskap gegee. Die artikel word (met die oog op hulp aan toekomstige navorsers), afgesluit met 'n bibliografie van sy belangrikste publikasies.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License