SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.45 issue4 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


In die Skriflig

On-line version ISSN 2305-0853
Print version ISSN 1018-6441

Abstract

ZANDMAN, H.J.G.. Chimeras: 'n Etiese oorweging. In Skriflig (Online) [online]. 2011, vol.45, n.4, pp.899-918. ISSN 2305-0853.

Wetenskaplikes het met navorsing begin wat moeilike etiese vrae teweegbring. Die navorsing behels dat die menslike bloudruk (DNS) geïsoleer word en dan in verskeie toetsdiere geplaas word. Die doel van hierdie navorsing is eerbaar, naamlik die verligting van menslike lyding. Nietemin, die etiese gevolge van die samevoeging van 'n menslike en dierlike genoom is gewigtig, veral vir Christene. Die skepping van alle lewende wesens (elkeen volgens sy soort) en die beelddraende waardigheid van die mens kom onder geweldige etiese druk vir diegene wat 'n goddelike orde in God se ekologie vooronderstel. Vir nie-Christene behoort die filosofiese dilemma eintlik nie 'n etiese kwessie te wees indien dit op die suiwerste vlak toegepas word nie. Indien die mens bloot as 'n soort dier beskou word wat ontologies nie van die ander diere verskil nie, is daar min logiese rede vir besware teen chimeriese navorsing - behalwe vir die kommer oor wat sodanige navorsing en die toepassing daarvan op 'n pragmatiese vlak aan die orde van lewe sal doen. Tog bestaan daar talle nie-Christelike teenstanders. Die mens is na God se beeld geskep en die konsep van menswaardigheid en 'n universele sin vir reg en verkeerd bind steeds Christene en nie-Christene saam in die oorweging van chimeriese navorsing. Terwyl die vermenging van menslike stamselle met embrioniese diere plaasvind, protesteer sommige nie-Christelike outeurs dat menslike waardigheid aangetas word en die wese van die dier geskend word.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License