SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.45 número4 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


In die Skriflig

versão On-line ISSN 2305-0853
versão impressa ISSN 1018-6441

Resumo

BARRY, S.. Die Jubeljaar: 'n Hermeneutiek vir sosiale en morele transformasie in Suid-Afrika. In Skriflig (Online) [online]. 2011, vol.45, n.4, pp.867-898. ISSN 2305-0853.

Hierdie artikel is daarop gemik om aan te toon dat die Ou-Testamentiese konsep van die Jubeljaar nog anachronisties, nog 'n periferiese besonderheid van die Skrif is. In werklikheid is dit 'n integrale deel van die Skrif, en weliswaar 'n hermeneutiese instrument vir die interpretasie en toepassing daarvan vir sosiale en morele transformasie in Suid-Afrika. Israel, bevry van slawerny en terugkerend na God, het 'n paradigma geword vir die bevryde slaaf om na sy erfenis terug te keer in die Jubeljaar wat elke 50e jaar gevier is. Die onderliggende belange is: geregtigheid, vryheid, menswaardigheid, en regte. Jesus het sy sending duidelik verstaan in terme van die proklamasie van die "jaar van die Here se guns" (Luk. 4:14-21), en dit gedemonstreer deur goeie nuus aan die armes te verkondig, gevangenes te bevry, blindes se sig te herstel, en die onder-druktes te bevry. Hy het die sendingtaak van sy volgelinge met sy eie verbind met die belofte en gawe van die Heilige Gees. Pinkster, gesien as sowel vervulling en aankondiging van God se belofte, demonstreer dat die koninkryk van God reeds hier is en nog moet kom. Die Boek van Openbaring vat die Skriftema saam en offer die Jubeljaar as goeie nuus vir die hede en die toekoms. God se toekoms word immers as die finale bevrydingsjaar voorgehou. Alhoewel hierdie instellings nie op 'n sekulêre demokrasie afgedruk word nie, is hier implikasies vir holistiese evangelisasie en sending asook vir sosiale en morele transformasie in Suid-Afrika. Hierdie implikasies, so word beredeneer, behoort na die 'missio Dei' te verwys, soos dit deur Jesus voorgehou is: holistiese evangelisasie; 'n verbintenis tot die waardes en beoefening van genesende geregtigheid; restourasie, genesing en hoop; ekonomiese regverdigheid en landreformasie; ekologiese verant-woordelikheid; en morele herstel.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons