SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.45 issue4 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

In die Skriflig

On-line version ISSN 2305-0853
Print version ISSN 1018-6441

Abstract

STOKER, P.H.. Natuurwetenskaplike kennis en die Woord van God. In Skriflig (Online) [online]. 2011, vol.45, n.4, pp.825-848. ISSN 2305-0853.

Die Griekse wysgere het ontken dat ware kennis deur senso-riese waarneming verkry kan word. Ware kennis het slegs betrekking gehad op onveranderlikhede in die natuur. Vir Pitha-goras en Plato was wiskunde die primêre bron van kennis. In navolging van die Pithagoras-Plato-tradisie het wetenskaplikes wiskundige ordening van die wêreld as die mees reële en sekerste kennis aanvaar. Galileo het die natuurwetenskappe laat wegbeweeg van alledaagse waarnemings na abstrakte wiskundige beredenering. Vir Galileo was hierdie abstrakte geïdealiseerde wêreld die werklike wêreld. Stelsels in die natuur wat onbeheerbaar en ver van ewewig is, word dikwels die bron van 'n nuwe ordelikheid, kreatiwiteit en groei. So 'n oorgang kan nie in terme van lineêre tyd beskryf word nie. Nog voorbeelde van sulke oorgange is wanneer 'n groot aantal spesies uitgewis word en vervang word met 'n nuwe versameling spesies. God openbaar nie in sy Woord kennis ten opsigte van die werking van die natuur nie - dit kan bekom word deur wetenskaplike metodes. Diegene wat egter nie God se bonatuurlike skeppingshandelings aanvaar nie, moet deur hulle denke antwoorde vind omtrent die oorsprong, doel, betekenis en samehang van alles. Opeenvolgende skeppingsgegewens in Genesis 1 blyk ooreen te stem met huidige natuurwetenskaplike kennis.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License