SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.45 número4Pietism and the manner in which the doctrine of the so-called second blessing is experienced: Perspectives from Practical TheologyA theological-ethical judgement of retirement índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


In die Skriflig

versão On-line ISSN 1018-6441

Resumo

BREED, G.  e  DE KOCK, J.. Op pad na 'n volwasse gemeente -'n empiriese ondersoek met die oog op die ontwikkeling van 'n bedieningsmodel. In Skriflig (Online) [online]. 2011, vol.45, n.4, pp. 775-802. ISSN 1018-6441.

Hierdie artikel beskryf 'n empiriese studie wat gedoen is in die Gereformeerde Kerk Randburg tydens Januarie 2009. Die doel van hierdie studie was die insameling van inligting, met die oog op die verbetering of verandering van die gemeente se bedieningsmodel ten opsigte van die bediening binne die gemeente. Die bediening van die gemeente na buite is nie in die ondersoek hanteer nie. Die uiteindelike doel is 'n gemeente wat mekaar bedien soos God dit in sy Woord voorskryf, en wat groei tot volwassenheid ter ere van sy Naam. Eerstens word die plek wat 'n empiriese ondersoek in die ontwikkeling van 'n bedieningsmodel van 'n gemeente behoort in te neem, bespreek. Daarna word die historiese aanloop tot die empiriese ondersoek binne die Gereformeerde Kerk Randburg beskryf. Dit sluit die bedieningsmodel in wat tot en met die ondersoek gevolg is, asook die mate van sukses wat daarmee behaal is. Hierna word die navorsingsmetodologie asook die resultate van die navorsing bespreek. Ten slotte word riglyne vir die ontwikkeling van 'n bedieningsmodel vanuit die resultate van die navorsing voorgehou.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License