SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.45 número4 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


In die Skriflig

versión On-line ISSN 2305-0853
versión impresa ISSN 1018-6441

Resumen

BREED, G.  y  DE KOCK, J.. Op pad na 'n volwasse gemeente -'n empiriese ondersoek met die oog op die ontwikkeling van 'n bedieningsmodel. In Skriflig (Online) [online]. 2011, vol.45, n.4, pp.775-802. ISSN 2305-0853.

Hierdie artikel beskryf 'n empiriese studie wat gedoen is in die Gereformeerde Kerk Randburg tydens Januarie 2009. Die doel van hierdie studie was die insameling van inligting, met die oog op die verbetering of verandering van die gemeente se bedieningsmodel ten opsigte van die bediening binne die gemeente. Die bediening van die gemeente na buite is nie in die ondersoek hanteer nie. Die uiteindelike doel is 'n gemeente wat mekaar bedien soos God dit in sy Woord voorskryf, en wat groei tot volwassenheid ter ere van sy Naam. Eerstens word die plek wat 'n empiriese ondersoek in die ontwikkeling van 'n bedieningsmodel van 'n gemeente behoort in te neem, bespreek. Daarna word die historiese aanloop tot die empiriese ondersoek binne die Gereformeerde Kerk Randburg beskryf. Dit sluit die bedieningsmodel in wat tot en met die ondersoek gevolg is, asook die mate van sukses wat daarmee behaal is. Hierna word die navorsingsmetodologie asook die resultate van die navorsing bespreek. Ten slotte word riglyne vir die ontwikkeling van 'n bedieningsmodel vanuit die resultate van die navorsing voorgehou.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons