SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.45 issue4 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

In die Skriflig

On-line version ISSN 2305-0853
Print version ISSN 1018-6441

Abstract

ROUSSEAU, P.A.; VENTER, C.A.  and  VENTER, C.J.H.. Piëtisme en die wyse waarop die leer van die sogenaamde second blessing beleef word: Perspektiewe vanuit die Praktiese Teologie. In Skriflig (Online) [online]. 2011, vol.45, n.4, pp.739-774. ISSN 2305-0853.

Die doel van die navorsing waarop hierdie artikel gebaseer is, was om die belewing van aanhangers van die vorm van piëtisme wat die sogenaamde "second blessing", of tweede genadewerk benadruk, te ondersoek. In hierdie vorm van piëtisme word heiligmaking oorbeklemtoon en die regverdigmaking afgeskaal. 'n Basisteoretiese beoordeling van kernelemente is onderneem, gevolg deur 'n empiries-kwalitatiewe en (meer spesifiek) narratiewe analise. 'n Doelgerigte steekproef van nege deelnemers is by die navorsing betrek. Die navorsingsdata is bekom deur 'n semi-gestruktureerde vraelys wat die deelnemers moes voltooi, asook 'n semi-gestruktureerde onderhoud wat individueel met die deelnemers gevoer is. Tydens die in-houdsanalise van die verkreë data kon redes aangedui word waarom sommige persone hierdie vorm van piëtistiese godsdiensbelewing aanhang, waarom sommige persone hierdie leer nie aanhang nie, waarom sommige persone hierdie vorm van piëtisme bly aanhang, en hoe persone daaruit "bevry" is of kan word. Daar is ook op praktyk-teoretiese vlak aangedui hoe geestelike leiers, beraders en ander gelowiges die verkreë resultate kan aanwend in hulle hantering en/of begeleiding van persone wat hierdie vorm van piëtisme aanhang.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License