SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.45 issue2-3 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

In die Skriflig

On-line version ISSN 2305-0853
Print version ISSN 1018-6441

Abstract

VAN ROOY, H.F.. Die messiaanse interpretasie van die psalms in enkele Antiocheense en Oos-Siriese psalmkommentare. In Skriflig (Online) [online]. 2011, vol.45, n.2-3, pp.659-672. ISSN 2305-0853.

Die Antiocheense eksegete het die psalms geïnterpreteer teen die agtergrond van die geskiedenis van Israel. Hulle het vir elke psalm 'n historiese agtergrond gerekonstrueer. Dit was in reaksie op die allegoriese interpretasie van die Aleksandrynse skool, wat die psalms allegories verklaar het en dikwels 'n Nuwe-Testamentiese interpretasie in die psalms ingelees het. Hierdie artikel let op die messiaanse interpretasie van twee psalms, naamlik Psalm 2 en 110, asook op een psalm wat dik-wels messiaans geïnterpreteer is, maar waar die messiaanse interpretasie deur die Antiocheense eksegete verwerp is, naamlik Psalm 22. Die interpretasie van die psalms in die kommentare van Diodorus van Tarsus, Theodorus van Mopsuestia en Isô dâdh van Merv word bestudeer, sowel as die kommentaar van Denha-Gregorius, 'n verkorte Siriese weergawe van die kommentaar van Theodorus. Die kommentaar van Diodorus en Theodorus op Psalm 110 is egter nie meer beskikbaar nie. Die interpretasie van hierdie psalm word bespreek aan die hand van die Siriese kommentaar deur Vandenhoff en in die kommentaar van Isô dâdh van Merv, wat albei by die Antiocheense tradisie aangesluit het. Die historiese plasing van die verskillende psalms word in die kommentare as 'n hermeneutiese sleutel hanteer, vir sowel die messiaanse psalms as die nie-messiaanse psalms. Al die besonderhede van die psalms word deur middel van hierdie sleutel verklaar. Theodorus het ten nouste by Diodorus aangesluit en op sy werk uitgebrei. Denha-Gregorius is 'n verkorte weergawe van Theodorus, aangevul met gegewens vanuit 'n Siriese hoek. Isô dâdh van Merv het Theodorus as sy vernaamste bron gebruik, maar ook vanuit 'n Siriese hoek aangevul.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License