SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.45 issue2-3 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

In die Skriflig

On-line version ISSN 2305-0853
Print version ISSN 1018-6441

Abstract

DU RAND, J.A.. Hoe kan God dit toelaat? 'n Bibliologiese verryking van die teodiseevraagstuk uit 'n vergelyking tussen Openbaring en 4 Esra. In Skriflig (Online) [online]. 2011, vol.45, n.2-3, pp.531-550. ISSN 2305-0853.

By die verstaan en beskrywing van die verhouding tussen God en die mens, kom die prominente teodiseevraagstuk telkens na vore. Die hart van die problematiek is die eeue oue worsteling om as gelowige die goddelike voorsienigheid in verband te bring met menslike lyding en teenspoed. Op hierdie vraagstuk het filosowe en teoloë uiteenlopende kommentaar gelewer. Enkele kommentare word genoem. Goed en kwaad kan in 'n dualistiese, harmoniese, pluralistiese of teleologiese verhouding verstaan word. Volgens reformatoriese besinning setel die verstaan van teodisee eerder in die soteriologiese en eskatologiese. Dit word bevestig deur die Ou Testament, intertestamentêre geskrifte en die Nuwe Testament. Die doel van hierdie artikel is om ook die aandag op die apokriewe geskrif, 4 Esra te vestig. Volgens die ontvouing van die apokaliptiese narratief van 4 Esra kom verrassende insigte oor die teodiseevraagstuk na vore.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License