SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.45 número2-3 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


In die Skriflig

versión On-line ISSN 2305-0853
versión impresa ISSN 1018-6441

Resumen

SNYMAN, A.H.. 'n Teksgesentreerde retoriese analise van 1 Korintiërs 4. In Skriflig (Online) [online]. 2011, vol.45, n.2-3, pp.449-466. ISSN 2305-0853.

Die tradisionele benadering tot die retoriese analise van Paulus se briewe is die gebruikmaking van kategorieë, ontleen aan die Grieks-Romeinse retoriese sisteem, om sin van sy oorreding-strategie te maak. Die probleem met die benadering is dat hierdie kategorieë vir die maak van toesprake bedoel was en nie vir die analise van briewe nie. Ten einde die probleem te hanteer, het geleerdes alternatiewe benaderings tot die analise van Paulus se briewe ontwikkel, waaronder die sogenaamde teksgesentreerde benadering. Met die analisering van 1 Korintiërs 4 deur 'n teksgesentreerde benadering, beoog ek om addisionele bewyse te bied dat dit onnodig is om antieke retoriese kategorieë van buite op die hoofstuk af te dwing ten einde sin te maak van Paulus se retoriese strategie. Dit kan betreklik akkuraat uit die teks self gerekonstrueer word, mits die hoofstuk sistematies en deeglik bestudeer word.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons