SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.45 issue2-3The Holy Spirit and preaching in the service author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

In die Skriflig

On-line version ISSN 2305-0853
Print version ISSN 1018-6441

Abstract

KRUGER, J.J.F.. Jesus se tafelgemeenskap met tollenaars en sondaars: Aspekte van 'n missionêre ekklesiologie. In Skriflig (Online) [online]. 2011, vol.45, n.2-3, pp.409-430. ISSN 2305-0853.

Kerke met 'n geskiedenis van 'n sterk sosio-kulturele teenwoordigheid, moet dikwels aanpas by 'n nuwe gemarginaliseerde bestaan, gestroop van mag en invloed, in 'n toenemend sekulêre samelewing wat gedomineer word deur postmoderne waardes. Baie kerke beskou dit as 'n bedreiging en probeer hulleself beskerm deur die grense tussen hulleself en die omringende gemeenskap te versterk, en die heiligheid van die kerk as rede daarvoor aan te voer. Dit veroorsaak afgesonderde, eksklusiewe geloofsgemeenskappe sonder enige missionêre identiteit, en 'n skeuring tussen ekklesiologie en missiologie. Hierdie artikel stel dat Jesus se tafelgemeenskap met belastinggaarders en sondaars 'n motief daarvoor verskaf om weer 'n missionêre ekklesiologie daar te stel. Jesus het sy identiteit as die Heilige van God gedefinieer deur verwydering van grense en 'n inklusiewe opsoek van die gemarginaliseerdes van die samelewing van sy tyd. Hy het onder hulle 'n nuwe gemeenskap van God se volk gevestig. Net so sal 'n missionêre kerk nie haar heiligheid verstaan as 'n afsonderlike bestaan van die omringende gemeenskap nie, maar die kerk se heiligheid sal eerder as diens aan God se verlossingsdoel manifesteer, en sy sal haarself toewy aan 'n uitnodigende oopstelling en bevrydende betrokke wees in die lewens van ander, op 'n wyse wat gelyksoortig is aan die inkarnasie van die Seun van God. Dit sal 'n bewuste sosiale herposisionering van die kerk na die ontmag-tigde buitenste grense van die samelewing tot gevolg moet hê, as 'n teken van die eskatologiese gemeenskap van Christus wat Hy steeds rondom Homself vergader.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License