SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.45 número2-3A practical-theoretical perspective on the act of making ecclesiastical resolutions: Theory for praxisThe Holy Spirit and preaching in the service índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


In die Skriflig

versão On-line ISSN 2305-0853
versão impressa ISSN 1018-6441

Resumo

DE KLERK, B.J.. Jesus se gesaghebbende prediking as onderbou van sy opdrag om te gaan doop. In Skriflig (Online) [online]. 2011, vol.45, n.2-3, pp.361-384. ISSN 2305-0853.

Die vraag wat in hierdie artikel ondersoek word, is die verband tussen die gesag van Jesus se prediking en die doop wat deur Hom ingestel is. Die doel is om tot praktyk-teoretiese gevolgtrekkings te kom oor die uitwerking wat die gesag van Jesus se prediking op die doop mag hê. Eers word op die betekenis van die gesag van Jesus se prediking gefokus en vervolgens op die verband tussen die gesag van Jesus se prediking en die doop aan die hand van Matteus 28:18-20. Laastens word enkele praktyk-teoretiese afleidings daaruit vasstel vir die doop. Omdat Jesus se prediking in sy eenheid met sy Vader, sy volmag as Gestuurde en sy selfgetuienis begrond word, het sy prediking volstrekte gesag. Sy prediking bewerk wat dit verkondig en eis van die hoorder geloof. Die feit dat Jesus alle mag het, gee aan Hom die reg om die opdrag tot doop te gee. Die doop dien om Jesus se koningsheerlikheid te openbaar. Deur die doop laat Jesus sy seggenskap oor die lewe van die gedoopte en die doopouers geld en kan Hy ook van hulle onvoorwaardelike gehoorsaamheid eis. Die gesag word deur die prediking uit-geoefen, omdat Jesus sy gesag tot vandag toe deur die prediking voortsit.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons