SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.45 issue2-3Luther's moral synthesis: Occamism, Christian mysticism and the idea of beingAn ecclesiological model for the ministry of reconciliation in a socio-political context author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

In die Skriflig

On-line version ISSN 2305-0853
Print version ISSN 1018-6441

Abstract

VAN AARDE, A.G.. Tekste, ko-tekste en kon-tekste van die leë graf in die Jesus-tradisie. In Skriflig (Online) [online]. 2011, vol.45, n.2-3, pp.329-360. ISSN 2305-0853.

Die artikel is vanuit 'n pragmaties-linguïstieke perspektief geskryf wat 'n onderskeid tref tussen die begrippe "tekste", "ko-tekste" en "kon-tekste". Hierdie onderskeid verskaf die raamwerk van 'n ondersoek na die tradisie van die leë graf van Jesus, soos blyk uit die vroeg-Christelike literatuur. Die doel van die artikel is om aan te toon dat die mite ten grondslag van die leë-graftradisie ontwikkelingsfases deurloop het. Hierdie ontwikkeling word as 'n trajek met vyf skakels voorgestel. In die eerste skakel word die skeppingsmotief metafories na aanleiding van 'n fundamentele narratief gebruik. Dit herinner aan die oortuiging dat God uit niks geskep het ("creatio ex nihilo"). In antropologiese en psigologiese terme manifesteer hierdie herinnering op 'n metaforiese wyse deur onderskeidelik na Israel as 'n verdrukte nasie en na individuele martelaars in Israel se geskiedenis te verwys. Die skakels van die trajek ontvou chronologies: eerstens die neerdaal van 'n lyk in die doderyk ("sheol"); tweedens die objektivering van metafore wat op Israel as groep en op individuele martelaars betrekking het; derdens die Helleniserende invloed van die "teologie" van apoteose/vergoddeliking, onsterflikheid en reïnkarnasie op Semitiese voorstellings; vierdens die bemagtiging van gereg-verdigde sterflike lydendes in hulle deelname aan die nuutgemaakte lewe van opgestane verheerlikte helde; en ten slotte dra al genoemde skakels daartoe by dat die opstandingsgeloof as helend ervaar is binne die kultiese konteks van gelowiges wat in reële of simboliese terme rondom die graf van Jesus vergader.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License