SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.45 número2-3The Confession of Belhar and ecumenism against the backdrop of the Three Forms of UnityA practical-theoretical perspective on the act of making ecclesiastical resolutions: Theory for praxis índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


In die Skriflig

versión On-line ISSN 2305-0853
versión impresa ISSN 1018-6441

Resumen

DU PLESSIS, P.G.W.. 'n Werkgroep vir teologie, filosofie en ander vakdissiplines. In Skriflig (Online) [online]. 2011, vol.45, n.2-3, pp.307-328. ISSN 2305-0853.

Die voorstel dat 'n werkgroep tussen teoloë, filosowe en ander vakspesialiste op die been gebring word, hang nou saam met die insig dat grondslaekwessies in alle fakulteite en studie-rigtings bestaan. Die skrywer beweeg weg van die onderskeid dat teologie "sakrale geloofswetenskap" en filosofie "sekulêre rasionele diskoers" is. Teologie en filosofie kan nie sonder "geloof" en grondslaekwessies beoefen word nie. Daarom kan bona fides en grondslaekwessies interdissiplinêr deurlopend in 'n werkgroep aandag kry. Vanuit die meerdimensionele opset van wetenskap (empiriese, metodologiese en dimensies van metakwessies) beredeneer die skrywer dat wetenskaplike dissiplines simbioties aan grond-slaekwessies verbind is. Beperkings en voordele van logiese, transendentale en trans-formasionele kritiek word gebruik om opsetlike samewerking tussen betrokke vakgeleerdes te bevorder oor gemeenskaplike sake en oor nodige én onwenslike verskille tussen die dissiplines. Verskeie aannames kom ter sprake, soos dat die eie vakrigting nie alles oor sogenaamde gemeenskaplike kwessies te sê het nie; dat die onderskeie vakgenote by mekaar kan leer; dat Christelike teologie nié 'n Christelike denke in ander dissiplines soos taalwetenskappe en filosofie oorbodig maak nie. Vakspesialiste verarm hulleself indien hulle ontslae wil raak van hulle vak-inherente grondslaekwessies, daaroor swyg of dit aan filosowe afstaan.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons